Wat is die Estetiese Komitee?

‘n Subkomitee van die Bestuurskomitee (Raad van Direkteure) van Bateleur.

Doel: 

Om alle estetiese aangeleenthede in terme van die goedgekeurde Boureëls en Algemene Gebruiksreëls van Bateleur te hanteer en aan bestuur vir oorweging voor te lê.

Samestelling: 

Daar is ‘n bestuurslid verantwoordelik vir die portefeulje “Estetiese Aangeleenthede”, bygestaan deur ander kundige bestuurslede wanneer nodig. Die beherende argitek word op ‘n ad hoc grondslag betrek.

Verantwoordelikhede van die komitee:

  1. Die hooftaak is die nagaan van bouplanne gemeet aan die boureëls en die algemene gebruiksreëls van Bateleur, kommunikasie met die eienaar/s wat wil bou en voorleggings aan bestuur vir oorweging en goedkeuring;
  2. ‘n Volle Terrein Ontwikkelings Plan moet saam met die bouplanne aan die bestuurslid vir Estetiese Aangeleenthede ingedien word voordat enige oorweging aan die planne geskenk sal word;
  3. Die bestuurslid lê die bouplanne en sy eie kommentaar rakende die aansoek aan Bestuur voor vir oorweging en goedkeuring;
  4. Na goedkeuring deur bestuur, versoek die betrokke bestuurslid die beherende argitek van Bateleur om die bouplanne met ‘n verwysing na bestuur se besluit aan die stadsraad vir finale goedkeuring deur te stuur;

Nota:

  1. Alle kommunikasie vanaf eienaars rakende estetiese aangeleenthede moet met die betrokke bestuurslid gevoer word;
  2. Geen planne mag hoegenaamd direk na die Stadsraad deurgestuur word nie.